top of page
Asset 21@4x.png
Asset 21@4x.png
  • Writer's pictureLeander J Opperman

Die belangrikheid van kritiese denke tydens besluitneming.

Updated: Sep 8, 2021

Kritiese denke: waarom en hoe?

In hierdie artikel, en die een wat daarop volg, hanteer ek die onderwerp van kritiese denke tydens besluitneming.


Ek sal probeer om aan lesers te verduidelik waarom ek dink dat dit belangrik is vir elke boer, as ‘n besigheidseienaar, om kritiese denke toe te pas wanneer boerderyprobleme opduik en hanteer moet word.


‘n Mens kan hierdie denkproses aanwend in enige besluitnemingsituasie en ek wil lesers uitdaag om dit ook in ander situasies toe te pas.


Maar waarom kritiese denke?

Ek dink die antwoord is relatief eenvoudig (en dalk selfs vir sommige mense voor die hand liggend mag wees) as ‘n mens mooi daaroor dink. Deur kritiese denke tydens besluitneming toe te pas, verseker ek dat probleme en nie simptome nie, aangespreek word. Verder sorg ek dat alle moontlike gevolge (insluitende daardie onvoorsiene) deeglik oorweeg en in berekening gebring word.


Hoe kan ek kritiese denke toepas?

Die proses behels twee stappe: ek moet eerstens terugskouend te werk gaan en, as’t ware, “agteruit” dink totdat ek by die ware oorsaak van die probleem waarmee ek stoei, kom.


Deur terugskouend te dink om oorsake te probeer indentifiseer, vra ek myself, onder andere, die volgende vrae:

  • Wat dink ek is die probleem?

  • Wat kon die moontlike oorsake van die probleem wees?

  • Het ek dalk enige moontlike oorsake misgekyk?

  • Is die probleem die oorsaak of is dit dalk net die gevolg van ‘n ander, dieperliggende, probleem?

  • Indien dit laasgenoemde is, wat is daardie dieperliggende probleem?

Wenk: skryf jou gedagtes neer (verkieslik op ‘n lekker groot A3-bladsy) - jou gedagtegang en besluitnemingsproses moet so visueel as moontlik vasgevang word om te verhoed dat hierdie gedagtes dalk vorentoe vergete raak.


In my volgende artikel hanteer ek die tweede stap, naamlik om my “sienershoed” op te sit en bietjie in die toekoms in te staar en te kyk watter gevolge my besluit vir my besigheid gaan inhou.





















 

Leander J Opperman

Managing Director

Follow on LinkedIN





















 

Leander J Opperman

Managing Director

Follow on LinkedIN




16 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page